logo

October 2009 - Fish Care/Vis Sorg

Winners of the post of the month.

Moderator: Quintin

Forum rules
Keep it clean! Report any SPAM to Clive Kinghorn (Site Admin)...

October 2009 - Fish Care/Vis Sorg

Postby Louwtjie » Fri Oct 16, 2009 5:03 pm

Ok ek is gevra om die topic te begin. Wel ek is nie van die beste ouens wat post nie maar kom ons kyk. As ek iet uitgelaat het asb sit dit by onder die Topic. Daar is dalk iemand anders wat iets weet wat ek nie weet nie.

Om spesie hengelaar te word is maklik. Is dit so maklik om een te bly?.

Ok ek gaan nou die basiesse punte raak van spesie Hengel “Carp Care”.

Om tebegin met spesie hengel sal die volg van eerste belang wees voordat jy dit begin toepas. Dit waaroor spesie hengel gaan wil jy mos nie in die intrap slag mis nie.

Carp Care / Vis sorg toerusting wat jy sal benodig is as volg.

1. Sagte skepnet wat die vis nie kan beseer wanneer jy dit skep.
2. Onthoekmat waar jy jou vis op plaas wanneer jy die hoek verwyder en kyk vir enige stukkende plakke op die vis. Tydens die neem van foto’s hou jy jou vis oor die mat, sou die vis spartel en uit jou hande glip dan val hy op die mat en nie op die grond nie. Rus op jou knie sodat die hoogte tussen die mat en die vis nie teveel is nie.
3. Clinic vir sou jy enige stukkende merke op die vis vind kan jy dit behandel met die salf, die salf keer dat daar nie infeksie plaasvind in die wond wat jy gevind het nie. Die salf seel die wond en geen infeksie kan intree nie.
4. Weegmat saam weegmat hak en dan die skaal. Verkieslik ‘n skaal wat tot 50kg kan weeg. Goedkoop koop is duur koop want jy gaan twee keer moet koop. Jy weeg jou vis op die mat en dan laat jy die vis vry vanaf die mat.
5. Kamera wat jou hounet is op die eiende van jou sessie. Sou jy foto’s neem is die volgende wat jy in gedagte moet hou. Soek vir jou ‘n plek uit waar jy die vis gaan behandel op die onthoekmat. Kyk vir mens gemaakte goedere soos water emmers,vullisblikke,tente, sowel as voertuie en ander persone dat dit nie in die foto’s dal wees sodra jy die foto neem nie. Die fokus van die kamera moet op die vis wees en nie op die agtergrond nie. Moenie jou vis na voor hou nie want dan lyk die vis groter as wat dit werklik lyk. Jy kan ander mense indoen maar jy kan nie vir jou self nie.


Ok sodra jy die toerusting aangeskaf het gaan jy as volg tewerk.

Carp care is van groot belang. As jy jou vis geskep het met die skepnet wat van sagte material gemaak is neem jy die na die onthoekmat. Maak seker die onthoekmat is nat met water sodat dit koel is en nie die vis kan brand van die son wat op dit geskyn het nie. Plaas jou skepnet met die vis boop die mat en verwyder die net deer die vis versigtig optetel en weer neer te plaas op die mat “sorg ook dat jou hande ten alle tye nat is, die vis het ‘n slym laggie wat hom beskerm en sou dit wees dat jou hande nie nat is nie kan jy die slym lagie verwyder en die maak die kanse vir kiemme en siektes maklik toeganklik na die vis. Hier is nou waar jy jou hoek gaan verwyder uit die vis se mond. Verwyder die hoek sorgvuldig uit die mond van die vis en sou jy ‘n tanggetjie of so iets benodig om die hoek te verwyder maak seker dat jy nie die vis seermaak met die gereedskap nie. Sou die vis spartel op die mat kan jy net jou hand oor sy oog hy en so rukkie wag dit hy kalmeer.

Sodra jy die hoek verwyder het kan jy nou jou clinic salf aanwend waar die hoek gehak het. Om die salf aan tewend maak gebruik van ‘n oorstokkie wat die taak vergemaklik. Nou gaan jy die vis van kop tot stert wees kante deer en maak seker dat daar nie enige ander merke is nie. As jy nie kry nie is dit ok maar sodra jy een kry behandel hom. Tydens die proses gooi die vis kort kort nat met water sodat die slym laggie nie beskadig word of uitdroog nie.

Nou is dit tyd vir die foto’s Neem jou fotos vinnige en sorg dat dit van goeie gehalte is. Maak seker die emmer water of lappe ens is nie in die kamera se pad nie. Jy wil tog nie ‘n fotos van jou PB he met ‘n roos emmer in nie. Sodra jy gelukkig is met die foto’s kan jy die vis sorgvuldig terug plaas op die mat en dit is nou weegtyd.

Nou gaan jy die vis op die weegmat plaas “Maak seker dat die weegmat ook nat gemaak is met water en dat die skaal ge sero is”. Plaas die weegmat tussen jou en die vis op die onthoekmat sodat as jy die vis optel dat jy net die weegmat onder die vis kan inbeweeg. Sodra die vis in die weegmat is maak seker die vinne van die vis le mooi en kan nie beskadig word tydens die weeg proses nie.

Sodra jy jou vis klaar geweeg het kan jy die weegmat gebruik om die vis na die water te neem. Die weegmat is toe en die vis kan nie uitgly nie. Gaan diep genoeg in die water so knie diepte. Plaas jou vis in die water en verwyder die vis uit die weegmat in die water in. Maak seker die vis swem wag en dat als oraait is met hom. Sou dit wees dat dit lyk of hy op sy kant wil dryf vat hom sorgvuldig en beweeg hom voorentoe en agtertoe wat hom sal help met suurstof. Jou vis sal wegswem sonder enige gajaag en jy gaan as trotse hengelaar omdraai.

Stroppe.

Daar is baie eiendgerei wat ons van gebruik maak om die strope te maak sodat dit nie die vis beseer nie. Sou jy jou knope verkeerd maak en die hoek draai nie reg nie kan dit die vis lelik beskadig. Maak altyd seker elke knoop van jou is tot die beste gemaak en dat jy vertroue in jou strop het.

Die gebruik van verkeerde hoeke kan jou vis ook baie beskadig indien jy nie weet hoe om die hoeklink reg te bind nie.

Voer.

Soos ek al op die forum genoem het is dit baie belangrik dat jou voer reg voorberei is. Indien dit nie reg voorberei is nie kan die vis daarvan sterf. Maak seker dat jou voer volg die regte metodes gekook is. Moenie rou voer in die water sit en hoop dat dit 'n verskil in jou vangste gaan maak nie. Niemand van ons eet ons kos rou nie so hoekom rou kos vir vis.

Rou voer vir vis gus in die vis se maag en laat die vis op die water oppervlak dryf. Die son beskadig die vis en gaan dood.

Om Carp Care/Fish Care te verbeter kan jy jou hoorlosie en armbande sowel as jou ringe verwyder dat dit nie die vis seermaak nie.

Gooi soveel as moontlik water oor die vis en jou hande wanneer die vis buite die water is.

Wanneer jy Carp Care/Fish Care toepas kan jy dit op jou omgewing ook toepas. Los altyd die plek beter as wat jy hom gekry het, Die natuur is aan ons geleen so bewaar elke oomblik die natuur as jy tyd in hom deerbring. Moenie rommel en bottels in die water gooi nie, jy self kan sleg van dit afkom as jy in dit trap.

Catch en Release pas ons toe om die kaans aan die volg hengelaar tegin om die grote te vang.

Om dood eerlik met julle te wees. Dit is moeilik om te sien ouens haal 10kg+ karpe uit ons waters. Ja hy het seker 'n goeie doel met dit maar jy as Spesie hengelaar kan hom op 'n goeie manier nader. Jy kan jou siening oor dit aan hom deel en as hy nie dit nie insien wat jy sien nie gaan jy nie hom van siening verander nie. Moenie aan die ou toring en hom sommer begin stories vertel nie jy mag dalk net pakslae kry.lol

Ja dit is hoekom ek altyd se. Om 'n spesie hengelaar te wees vat nie veel nie. Om as een op tetree vat baie.

Hoop die inligting is voldoende.
Last edited by Louwtjie on Wed Oct 21, 2009 3:33 am, edited 1 time in total.
User avatar
Louwtjie
Regular Member
Regular Member
 
Posts: 222
Joined: Fri Oct 09, 2009 11:27 am

Return to Post of the Month

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

Main Menu